Africaans Bible 1953 | Book List

Navigation


 

Psalms 129

1 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af -- laat Israel dit sê --

2 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.

3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.

4 Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.

5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.

6 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,

7 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.

8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.