Africaans Bible 1953 | Book List

Navigation


 

Psalms 52

1 Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van Dawid. (52:2) toe Doëg, die Edomiet, gekom het en aan Saul te kenne gegee en aan hom gesê het: Dawid het in die huis van Ahiméleg ingegaan. (52:3) Wat beroem jy jou in die kwaad, o geweldige? Die goedertierenheid van God duur die hele dag!

2 (52:4) Jou tong beraam onheil, soos 'n geslypte skeermes, o werker van bedrog!

3 (52:5) Jy hou meer van kwaad as van goed, van die leuen meer as om geregtigheid te spreek. Sela.

4 (52:6) Jy hou net van woorde wat verslind, o bedrieglike tong!

5 (52:7) So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela.

6 (52:8) En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:

7 (52:9) Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!

8 (52:10) Maar ek sal wees soos 'n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd.

9 (52:11) Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote.