Africaans Bible 1953 | Book List

Navigation


 

Psalms 67

1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied. (67:2) Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.

2 (67:3) Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.

3 (67:4) Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

4 (67:5) Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

5 (67:6) Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

6 (67:7) Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.

7 (67:8) God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.