Africaans Bible 1953 | Book List

Navigation


 

Psalms 70

1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer. (70:2) o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help!

2 (70:3) Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom.

3 (70:4) Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming.

4 (70:5) Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God!

5 (70:6) Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!