Africaans Bible 1953 | Book List

Navigation


 

Psalms 75

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. (75:2) Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.

2 (75:3) As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.

3 (75:4) Al wankel die aarde en al sy bewoners -- Ék het sy pilare vasgestel. Sela.

4 (75:5) Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

5 (75:6) Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.

6 (75:7) Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....

7 (75:8) maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

8 (75:9) Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

9 (75:10) Maar ék sal vir ewig verkondig -- ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.

10 (75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.