Africaans Bible 1953 | Book List

Navigation


 

Psalms 8

1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid. (8:2) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

2 (8:3) Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.

3 (8:4) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het --

4 (8:5) wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

5 (8:6) U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

6 (8:7) U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:

7 (8:8) skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,

8 (8:9) die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.

9 (8:10) o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!